Skip to content

Where Books Lead

  • Home
  • About
    • Rating System
    • Privacy Policy
  • Reading like Rory
    • Index
    • Book Reviews
    • Where Books Lead
  • Boekrak
    • Indeks
    • Uit die Boeke
  • Contact
Chirurgiese masker

Tien maniere om jou angs in toom te hou tydens nasionale afsondering

April 23, 2020 by Elmien Ackerman

Dis normaal vir enige iemand om angstig te voel tydens die COVID-19-pandemie. Maar as jy reeds ʼn angstige persoon voor die koronavirus was kan dit moeilik wees om jou angs tydens die landswye afsondering in toom te hou. Daar is egter ʼn paar dinge wat jy kan doen om jou angs te beheer.

1. Stof jou boeke af

Nou is die beste tyd om die hoop boeke wat langs jou bedkassie stof vergader deur te werk. Nie net kan Deon Meyer se nuutste roman jou gedagtes van die huidige situasie afvat nie, maar studies het bewys dat net ses minute van lees jou hartklop verlaag en jou spiere laat ontspan. Vermy dalk net boeke oor virusse of pandemies vir tyd en wyl.

2. Oefen aanlyn

Ons almal weet dat oefen belangrik is. Nie net vir ons fisiese gesondheid nie, maar ook vir ons geestesgesondheid. Maar hoe gemaak as die gimnasium toe is en jy nie buite mag gaan draf nie? Baie gimnasiums bied klasse aanlyn aan en YouTube het verskeie video’s van amper elke oefening verniet beskikbaar. As jy nog ou aerobiese DVD’s het, is nou ʼn goeie tyd om dit uit die kas te gaan grou. Die oefeninge alleen sal nie net jou gemoed verbeter nie, maar die uitrustings (en haarstyle) uit die 1980’s sal definitief sorg vir ʼn glimlag op jou gesig.

Via Giphy

3. Hou jou (joga)-pose

Terwyl oefening goed is, is dit nie net intense oefening wat jou kan help om jou angs te beheer nie. Joga verbeter jou liggaam se vermoë om stres te verwerk en kan jou help ontspan. Yoga with Adriene bied verniet video’s vir beginners op YouTube.

4. Luister na Matthew Mcconaughey

Net soos joga kan meditasie jou help om op jou asemhaling te fokus en in die oomblik te wees. Om elke dag ʼn paar minute stil te sit sal help om die negatiewe gedagtes wat in jou kop rondmaal stil te maak. Daar is ʼn hele paar slimfoontoepassings soos Calm en Headspace wat meditasies verniet aanbied. Calm het ook slaaptydstories vir grootmense. So, jy hoef nie snags te lê en bekommer nie. Matthew Mcconaughey se stem kan jou na droomland toe vat.

Via Giphy

5. Probeer kreatiewe terapie

Inkleurboeke is nie net vir kinders nie. Navorsing het bevind dat die inkleur van ‘n redelike ingewikkelde meetkundige patroon ‘n meditatiewe toestand tot gevolg kan hê. As jy angstig is kan die inkleur van ingewikkelde patrone tot jou voordeel strek, so leen jou kinders se helderkleurige potlode en begin inkleur.

6. Leer jou hond (en jouself) nuwe toertjies

Hoe meer tyd jy het om te dink hoe makliker is dit vir negatiewe gedagtes om ʼn houvas te kry. Gebruik hierdie landswye afsondering om ʼn nuwe vaardigheid aan te leer. Udemy het baie kursusse teen bekostige pryse. Leer kodering, plant ʼn groentetuin (as jy bekommerd is oor kosvoorraad), of leer jou hond nuwe toertjies.

7. Praat oor jou bekommernisse

Dis maklik om eensaam te voel tydens isolasie, maar maak ʼn punt daarvan om met vriende en familie te gesels. As jy angstig voel, gesels oor jou bekommernisse. Om oor jou gevoelens te praat kan help om jou angstigheid in perspektief te hou. Toepassings soos Skype of Zoom maak dit moontlik om in kontak te bly.

8. Reis

As dit voel of die huis se mure jou begin druk, is dit tyd vir ʼn uitstappie. En, al mag jy nie by die hek uitgaan nie, kan jy steeds die wêreld sien. Neem ‘n virtuele toer. Loop op die Groot Muur van China of wandel deur bekende museums soos die Guggenheim Museum in New York, die Musée d’Orsay in Parys of die Van Gogh Museum in Amsterdam.

9. Moenie (alles) lees nie

Terwyl wenk 1 sê dat lees jou kan help ontspan is die tipe leesstof egter baie belangrik. Moenie alles lees wat jy op die internet of sosiale media sien nie. Dis maklik om angstig te voel as jy gereeld nuus oor die koronavirus (COVID-19) lees. Vermy dit sover as wat jy kan. Vra eerder ʼn familielied om jou op hoogte te hou van die belangrikste nuus.

10. Kyk na jouself met deernis

Kyk na jouself met deernis. Dis normaal om angstig te voel. Nie een van ons het onsself al in ʼn wêreldwye pandemie bevind nie. Probeer die wenke hierbo om jou angs in toom te hou en vat dit een dag op ʼn slag.

As jy nog wenke het, deel dit gerus in die kommentaarblokkie onder.

Share this:

  • Tweet
  • Share on Tumblr
  • Email
  • Print

Related

Share this:

  • Tweet
  • Share on Tumblr
  • Email
  • Print

Post navigation

Previous Post:

Five reasons why Eleanor Oliphant is completely fine

Next Post:

Ten ways to manage your coronavirus anxiety

Leave a Reply Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

An obsession with reading and a love for the show Gilmore Girls has led to Where Books Lead.

A blog about books.

Subscribe to Where Books Lead

This error message is only visible to WordPress admins

Error: No connected account.

Please go to the Instagram Feed settings page to connect an account.

Where Books Lead

Where Books Lead

Follow Where Books Lead

  • Pinterest
  • Instagram
  • Facebook

Recent Posts

  • Zambia: 10 things to know before you go
  • Lost Connections: A different kind of antidepressant
  • Outliers: The Story of Success by Malcolm Gladwell
  • #Blessed: A book review of The Blessed Girl
  • Book review: Sorry I’m late, I didn’t want to come

Recent Comments

  • Why You Shouldn’t Be Reading Go Set a Watchman | Where Books Lead on Rory Gilmore Reading Challenge
  • qrparker on The Giver – Lois Lowry
  • Anna-Marie Jacobs on Gone Girl – Gillian Flynn

Archives

  • November 2021
  • May 2021
  • November 2020
  • October 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • September 2016
  • January 2016
  • October 2015
  • August 2015
  • July 2015
  • April 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • December 2014
  • November 2014
  • October 2014

Categories

  • Book Reviews
  • Reading like Rory
  • Uit die Boeke
  • Where Books Lead

Meta

  • Log in
  • Entries feed
  • Comments feed
  • WordPress.org
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
© 2023 Where Books Lead | Theme by SuperbThemes
 Tweet
 Share
 Tweet
 Share
 Tweet
 Share
loading Cancel
Post was not sent - check your email addresses!
Email check failed, please try again
Sorry, your blog cannot share posts by email.