Skip to content

Where Books Lead

  • Home
  • About
    • Rating System
    • Privacy Policy
  • Reading like Rory
    • Index
    • Book Reviews
    • Where Books Lead
  • Boekrak
    • Indeks
    • Uit die Boeke
  • Contact
@chan_illustrations

Sit jouself in jou kuns: Hoekom Lord Henry net soort van reg is

March 5, 2020 by Elmien Ackerman

Die vorige boekresensie oor The Picture of Dorian Gray het my laat wonder hoe moderne kunstenaars oor kuns voel. Stem hulle saam met Basil Hallward wat sê:

“ʼn Kunstenaar moet mooi dinge skep, maar niks van sy eie lewe daarin sit nie.”

Of eerder saam Lord Henry Wotton wat glo dat kunstenaars alles vir hul kuns moet gee, maar dat hul dan vervelig is:

“Die enigste kunstenaars wat ek al ooit geken het en wat persoonlik aangenaam is, is slegte kunstenaars. Goeie kunstenaars gee alles vir hul kuns en is gevolglik heeltemal oninteressant in hulself.”

Sit jouself in jou kuns

Lizelle Smith, ʼn voltydse kunstenaar, sê dat mens net iets mooi kan skep as jy jou hart en siel daarin sit. “Anders is dit geensins JOU kuns nie,” verduidelik sy. Chanelle Volschenk, wat illustrasies as ʼn stokperdjie doen, dink ook dat kuns baie persoonlik kan wees. “Ek hou daarvan as kunstenaars iets van hulself en hul emosies in hul kuns sit.”

Maar is kunstenaars dan vervelig as hul alles van hulself vir hul kuns gee soos Lord Henry voorstel? “Ek het nog net nice artists ontmoet en hulle almal rock om die minste te sê,” voeg Lizelle vinnig by. So, Lord Henry is net soort van reg. Goeie kunstenaars gee alles vir hul kuns, maar dit beteken nie dat hul vervelig is nie. Dis duidelik as mens na beide Lizelle en Chanelle se lewenspaaie kyk.

Van die regskantoor en vliegtuigkajuit tot nuwe hoogtes met kuns

Lizelle het regte studeer, maar in November 2017 uit ʼn regskantoor gestap en besluit om al die prentjies in haar kop te teken en verf. “Ek het kuns gehad op skool, maar het nooit gedink mens sal ooit ʼn lewe van dit kan maak nie.” Vandag werk Lizelle voltyds as ʼn kunstenaar en het sy al geteken vir The Book Case en The Wizardry Box (albei boeksubskripsie-besighede) en illustrasies vir Ami & Me se reeks moeselien-babakomberse gedoen.

Chanelle het BA Visuele Studies by Tukkies studeer voor sy oorgeskuif het UNISA toe om BA Multimedia te doen. Maar voor sy haar graad kon klaar maak, het Chanelle besluit om die wêreld te gaan sien en vir twee jaar as lugwaardin gewerk. Tans werk sy as ʼn voorkantontwikkelaar (front-end web developer) deur die dag maar gebruik haar vrye tyd om te teken. Sy het al bekendes soos Beer Adriaanse, Mila Guy, Janie Bay, Deon Dee en Jo Black met haar digitale pen vasgevang.

Illustrasies van Beer Adriaanse en Mila Guy: @chan_illustrations

Verfkwas of digitale pen?

Lizelle en Chanelle eksperimenteer albei met verskillende kunsvorme. Lizelle verkies waterverf, ink en trekpenne terwyl Chanelle haar iPad Pro en Apple-pen gebruik om kunswerke te skep.

Foto’s: @lizelle.smith en @chan_illustrations

Skep kuns wat jou gelukkig maak

Chanelle en Lizelle verskil nie net in die wyse waarop hulle kuns skep nie, maar ook waaruit hul inspirasie put. Chanelle teken al vandat sy kan onthou en sê dat sy daarvan hou om mense te teken. “Die vroulike gelaatstrekke en liggaam inspireer my,” verduidelik sy. “Ek hou ook baie van interessante modes en mooi portret fotografie so ek kyk alewig na fotograwe se werk.” Haar inspirasie vir die illustrasie hieronder kom van ‘n foto van die fotograaf Wei Ding af. Die illustrasie het deel gevorm van die Face to Face uitstalling wat in 2019 by Open Window gehou is.

Illustrasie: @chan_illustrations

Chanelle teken op versoek van kliënte en moet nou en dan ook ʼn hond en kat of twee teken. “Dit is nie waar my passie lê nie, alhoewel ek dit geniet om vir mense iets te skep wat hulle gelukkig maak.”

Kinderboeke is weer wat Lizelle gelukkig maak: “Ek koop my hele lewe lank al kinderboeke vir myself, net vir die illustrasies.”  Lizelle beskryf haar kuns as kinderlik en sê dat sy nie op proporsies, diepte, ens. konsentreer nie. “Dit los ek vir die pros,” spot sy. Lizelle voeg dus haar twee groot liefdes, boeke en kuns saam. “Boek illustrasies is ʼn samevoeging van die twee wêrelde waar ek op my gemak voel.”

Illustrasie: @lizelle.smith

Deel jou kuns met die wêreld

Waar Chanelle en Lizelle saam stem is in hul advies vir ander kunstenaars. Beide moedig aspirant kunstenaars aan om hul kuns met die wêreld te deel. “Sit jou kuns daar buite – jy sal verbaas wees wat jou kuns mense kan maak voel en dat dit hulle kan gelukkig maak,” sê Chanelle. “Almal gaan dalk nie van jou kuns hou nie, maar moet nie dit ontneem van die mense wie se lewe dit kan verander nie,” voeg Lizelle by.

Digitale illustrasies het Chanelle se lewe verander en sy maan enige iemand wat daarin belangstel aan om dit te probeer. “Hou aan teken en eksperimenteer,” sê sy. “Kuns is subjektief so almal gaan nie van alles hou wat jy maak nie, solank jy self van jou werk hou is dit al wat saak maak.” Lizelle sê ook dat kunstenaars nie bang moet wees vir wat mense gaan sê of dink van hul kuns nie. “Dit vat baie guts om iets te skep, wees trots!”

Basil Hallward vs. Lord Henry

Kunstenaars is definitief nie vervelig nie, selfs al gee hulle alles vir hul kuns. Daar is Lord Henry verkeerd. Maar is Basil reg om te sê kunstenaars moet mooi dinge skep, maar niks van hulself daarin sit nie. Lizelle stem nie saam nie. “Baie van my kuns is baie persoonlik, deel van my en hoe ek die wêreld beleef en sien,” sê sy.

Alhoewel Chanelle daarvan hou as kunstenaars iets van hulself in hul kuns sit, sê sy dat dit ook soms nodig is om jouself van jou kuns te verwyder. “Soms wil mens net teken en jouself heeltemal verwyder van dit wat jy skep en dit net geniet.” Net soos Lord Henry is Basil dan net soort van reg.

Om meer van Chanelle se illustrasies te sien, volg haar op Instagram by @chan_illustrations
Lizelle deel haar kuns en interessanthede van haar lewe op Instagram by @lizelle.smith

Share this:

  • Tweet
  • Share on Tumblr
  • Email
  • Print

Related

Share this:

  • Tweet
  • Share on Tumblr
  • Email
  • Print

Post navigation

Previous Post:

Dorian’s Downfall in the Picture of Dorian Gray

Next Post:

Five reasons why Eleanor Oliphant is completely fine

Leave a Reply Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

An obsession with reading and a love for the show Gilmore Girls has led to Where Books Lead.

A blog about books.

Subscribe to Where Books Lead

This error message is only visible to WordPress admins

Error: No connected account.

Please go to the Instagram Feed settings page to connect an account.

Where Books Lead

Where Books Lead

Follow Where Books Lead

  • Pinterest
  • Instagram
  • Facebook

Recent Posts

  • Zambia: 10 things to know before you go
  • Lost Connections: A different kind of antidepressant
  • Outliers: The Story of Success by Malcolm Gladwell
  • #Blessed: A book review of The Blessed Girl
  • Book review: Sorry I’m late, I didn’t want to come

Recent Comments

  • Why You Shouldn’t Be Reading Go Set a Watchman | Where Books Lead on Rory Gilmore Reading Challenge
  • qrparker on The Giver – Lois Lowry
  • Anna-Marie Jacobs on Gone Girl – Gillian Flynn

Archives

  • November 2021
  • May 2021
  • November 2020
  • October 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • March 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • September 2016
  • January 2016
  • October 2015
  • August 2015
  • July 2015
  • April 2015
  • February 2015
  • January 2015
  • December 2014
  • November 2014
  • October 2014

Categories

  • Book Reviews
  • Reading like Rory
  • Uit die Boeke
  • Where Books Lead

Meta

  • Log in
  • Entries feed
  • Comments feed
  • WordPress.org
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy
© 2023 Where Books Lead | Theme by SuperbThemes
 Tweet
 Share
 Tweet
 Share
 Tweet
 Share
 

Loading Comments...
 

    loading Cancel
    Post was not sent - check your email addresses!
    Email check failed, please try again
    Sorry, your blog cannot share posts by email.